Bloubessie inligtings sessie

Die 3de September 2019 het ons ‘n inligtings sessie gehou oor die moontlike toekoms van bloubessies in die Matzikama en sandveld area.

Daar was na alle aspekte na die bloubessie boerdery gekyk. Verskeie kultivars was bespreek en geondersoek wat die mees geskikte opsie vir ons area sal wees. Die voordele en nadele rondom bloubessie boerdery onder nette asook sonder nette was bespreek.

Koste beramings was gedoen wat dit sou kos om ‘n Ha bloubessies te plant. Die produsente het uitstekende kontakte gekry indien hulle besluit om wel bloubessies te vestig.

Lees Meer

Pekanneut Dag

23 April 2019 het ons ‘n pekan dag gehou waar produsente van verskillende areas gekom het om deel te neem. Johan Coetzee het verskillende snoeimetodes bespreek wat toegepas kan word asook wat om te doen indien die boom mag skeur. Produsente het ook die kans gekry om die snoeimetodes te oefen in die boord.

Produsente het die kans gekry om enige vrae te vra wat hulle moontlike mag hê. Klomp vrae het gehandel oor bewerkings praktyke en wat die beste in hulle area sal wees. Arbor supply het groot geskenke vir produsente uitgedeel wat vrae kon beantwoord oor onderwerpe wat die dag bespreek was.

Lees Meer

Boeredag Organiese Onkruidbeheer

Organiese boerdery is besig om al hoe meer gewild te raak, veral in die wynbedryf. Onkruidbeheer is altyd die grootste uitdaging by organiese wingerde. Ons het implemente getoets om onkruidbeheer in organiese wingerde toe te pas.

Lees Meer

Boeredag met Agri SA

Dan Kriek (president van Agri SA), Corné Swart (president van Agri Wes-Kaap), asook visepresident Hugo de Waal en hoofbestuurder, Jannie Strydom het op Maandag, 5 November die streek op uitnodiging van Vredendal Landbouvereniging besoek.

Maandagnamiddag is hulle saam met Gideon van Zyl na Landplaas waar hulle eerstehands uitgevind het hoe dit met die landbouprodusente in die droogtegeteisterde Namakwaland gaan. Nells van Niekerk (voorsitter van Landplaas Boerevereniging) kon die afgelope 50 jaar se reënvalpatrone aan Kriek verskaf.

Van Niekerk het ook presies aan hom verduidelik hoe die skaapboere planne gemaak het om die afgelope 5 jaar se erge droogte te kon oorleef. Kriek was oorweldig deur die omvang van die probleme waarmee skaapboere in hierdie streek te doen kry, maar steeds positief bly.

Na nog verskeie besoeke het hulle Maandagaand met ‘n groep van oor die 100 landbouprodusente by Idma@Kapel bymekaargekom om inligting by al die landbouleiers oor die pad vorentoe vir landbouprodusente in Suid-Afrika te bekom. Kriek het reguit gepraat en presies verduidelik wie Agri SA is en waarmee hulle nou alles besig is. Hy maak dit duidelik dat Agri SA teen onteiening sonder vergoeding is.

Kriek sê dat Agri SA baie druk op die regering toepas om landelike veiligheid in plek te kry. Hulle het reeds by die wêreldlandboukongres plaasmoorde op die agenda gesit, waarna die regering vreeslik tekere gegaan het daaroor. Hulle het ook 12 hoë profiel ambassadeurs gesien om grondonteiening, die verandering van die grondwet en plaasmoorde aan hulle bekend te maak. Al die grootste banke in die wêreld het Agri SA kom sien oor onteiening.

Kriek sluit die byeenkoms af deur te sê dat hy glo dat produktiewe grond nie onteien sal word nie. Hy moedig landbouprodusente aan om meer betrokke te wees buite hulle plaashek en hy moedig hulle aan om ook verdienstelike opkomende boere te help om suksesvol te wees sodat hulle ook ‘n bydrae kan lewer tot die ekonomie en nie die heeltyd bakhand hoef te staan nie. Daarna kry almal die geleentheid om vrae te vra en Kriek antwoord almal reguit en op die man af.

Lees Meer

Eiendomsregdag met Afrisake en TLU

Op 10 Mei 2018 het Vredendal Landbouvereniging saam met TLU en AfriSake ‘n Eiendomsreg dag gehou. Bennie van Zyl van TLU het die produsente toegespreek oor die regte van eiendom in Suid-Afrika en verskeie ander aspekte daarvan.

Piet Le Roux van AfriSake het ook verskeie vrae en kommernisse van produsente aangespreek. Die belangrikheid van eiendomsreg en hoekom ons altyd sal strewe om dit te behou was beklemtoon.

Na die tyd kon die produsente lekker gesels met Bennie van Zyl en Piet Le Roux terwyl almal verversings geniet het.

Lees Meer