Afsluiting 2019

Die plaaslike landbouvereniging saam met Lutzville sin het Saterdag, 2 November hul afsluitingsfunksie by MBC gehad. Die het mooi saamgeval met die finale van die Rugby Wêreldbeker en lede het die span goed ondersteun in groen-en-goud. Sowat 75 lede en hul gesinslede het ‘n heerlike spitbraai en gesinsdag geniet en ‘n sommer net lekker gekuier om die oorwinning en die afsluiting van ‘n besige jaar te vier.

Lees Meer

Ledevergadering 19 Oktober 2019

Ds Anton Verwy het 17 Oktober 2019 die vergadering geopen met ‘n boodskap van moed. Eric van Zyl, voorsitter, en Sybrand Teubes, ondervoorsitter het die amptelike sake van die vergadering afgehandel. Verskeie sprekers vanaf Villa en Stargrow het die produsente toegespreek oor die belangrikheid van verskeie middels wat toegepas kan word om jou gewasse te beskerm. Baie vrae oor die tipe citrus vir die regte tipe gronde was opgebring en beantwoord deur Stargrow.

Adjudantoffisier Riaan Bester van die landelike sektor van Vredendal SAPD het die produsente van die nuutste statistieke in die area voorsien. Na die verrigtinge was die produsente bederf met ‘n lekker geselligheid.

Lees Meer

Ledevergadering 25 Julie 2019

Op 25 Julie 2019 het Vredendal Landbouvereniging ‘n lede vergadering by Hoërskool Vredendal se sportsaal gehou. Ds Anton Verwy het die vergadering geopen met ‘n boodskap van hoop. Eric van Zyl, voorsitter, en Barend Voster, sekretaris, het die amptelike sake van die vergadering afgehandel. Die hoof punt van die aand was Raisins SA wat die lede kom toespreek het oor die toekoms van rosyne in die valley en die verandering in pryse wat hulle kan verwag.

Viking en CWI het lekker geskenke geborg wat die lede deur ‘n lucky draw gewen het. Die aand was afgesluit met ‘n heerlike braai en verversings.

Lees Meer

Ledevergadering 17 Oktober 2018

Ds Jan Fourie het Woensdag, 17 Oktober die plaaslike landbouvereniging se vergadering geopen met die boodskap dat ‘n mens nie sommer jou treinkaartjie weggooi en uit die trein spring as jy deur ‘n donker tonnel gaan nie. Eric van Zyl, voorsitter, en Sybrand Teubes, ondervoorsitter het die amptelike sake van die vergadering afgehandel. Verskeie interessante sprekers het die landbouprodusente toegespreek: Johan Brand van Rooibos Bpk, adjudantoffisier Riaan Bester van die landelike sektor van Vredendal SAPD, Arend de Waal van Oro Agri, Pikkie Meissenheimer van CWI Wire, Emile Smit van Franklin Electric en ook Wilfred Stephan wat gesels het oor Agro K.

Baie van hierdie sprekers stel produkte bekend wat van die produsente reeds gebruik, maar wy uit oor presies hoe en waar dit gebruik moet word. Dit is ‘n leersame ondervinding om presies te weet hoe om produkte te gebruik dat dit tot sy volle potensiaal kan kom. Die aand was afgesluit met ‘n heerlike braai en verversings wat die lede geniet het.

Berig deur: Tossie Beukes

Lees Meer